alcohol-428392_640

Drinkers gee land ‘n duur babelas

Die gevolge van drankmisbruik in Suid-Afrika kos die land tot R37,9 miljard per jaar. Dít terwyl byna 10% van die mense in die land hulself gereeld aan drank vergryp (vyf of meer drankies op een slag). Altesaam 17,5% van mans is hieraan skuldig en 2,9% van vroue. In navorsing wat in die South African Medical Journal…

satelliet

Klein satelliet ‘billik én slimmer’

‘n Maatskappy in Somerset-Wes ontwikkel ’n kompakte satelliet wat te koop aangebied sal word. Dr. Sias Mostert, uitvoerende hoof van Space Commercial Services Aerospace Group (SCSAG), het aan Die Burger gesê hulle het aanvanklik begin om maatskappye en lande met die aanwending van satelliete te help. “Dit is een ding om ’n satelliet te bou…

’n Witborskraai met ’n voëltjie in die bek. Foto: Verskaf

Witborskraaie ‘dun prooispesies nie uit’

Witborskraaie is lief om ander klein voëltjies te vang, maar het dit ’n invloed op die bevolkings van inheemse voëls? Dr. Arjun Amar van die Universiteit van Kaapstad se Percy FitzPatrick-instituut vir Afrika-voëlkunde het gesê dié verskynsel is iets wat baie mense sien en wat ontstellend kan wees. “Die afleiding word dan gemaak dat witborskraaie…

walvis

Bytplekke wys waarheen walvisse migreer

Navorsers het die bytplekke aan bultrugwalvisse gebruik om te bepaal waarheen hulle migreer. Wetenskaplikes van die Namibian Dolphin Project en die Universiteit van Pretoria se Soogdier-navorsingsinstituut het in Namibiese waters gesoek na dié diere. Hulle het vasgestel dat bultrugwalvisse net deur die Namibiese kuswaters “reis” om in Julie en Augustus naby Gaboen te kalf. Maar…

ESTCube_orbiidil_2

SA se nanosatelliet vaar goed

TshepisoSAT, die land se eerste nanosatelliet, het al ’n jaar in die ruimte oorleef. Dié satelliet, wat net 1,2 kg weeg, is in November verlede jaar in Yasny, Rusland, gelanseer en is in ’n wentelbaan 600 km bo die aarde. Dit is gebou deur studente en dosente van die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (KSUT) se Frans-Suid-Afrikaanse…

’n Navorser kyk na van die 48 diverse voëlspesies wat in die reuse- genetiese studie betrek is. Foto: AAAS/Carla Schaffer

Voëls se ‘oerknal’ in reusestudie bepaal

Die “oerknal van voël-evolusie” en die beste stamboom nóg van die diere wat oor miljoene jare strek, is pas bekend gemaak. Honderde navorsers van 20 lande het vier jaar lank gewerk om die genetiese verhaal van­voëls na te vors, wat in ’n spesiale uitgawe van die vaktydskrif Science gepubliseer is. Hulle het 48 spesies van…

Thorn_Tree_Sossusvlei_Namib_Desert_Namibia_Luca_Galuzzi_2004

Hele ander wêreld leef onder klippe in die Namib-woestyn

Daar bestaan mini-ekostelsels van mikrobiese lewe onder klippe in die dorre Namib-woestyn. Dié skuilplekke onder bepaalde deurskynende klippe, meestal kwarts, bied aan mikroskopiese vorme van lewe ’n veilige hawe teen die buitengewone elemente. Dr. Jean-Baptiste Ramond, navorsingsgenoot aan die Universiteit van Pretoria se sentrum vir mikrobiese ekologie en genomika, doen navorsing oor dié hipoliete. Omdat…