559d4975af9bb8b542000002

Dié siekes hét regte

’n Kwart van Suid-Afrika se arbeidsmag ly aan psigiatriese siektes, maar die meeste werknemers steek dit weg omdat hulle stigma vrees. Elsabé Brits vertel hoe dit positief in die werksplek gehanteer kan word. Jou werkgewer moet sáám met jou werk indien jy aan ’n psigiatriese siekte ly en nie téén jou nie. Maar hoe dié…

satelliet

Klein satelliet ‘billik én slimmer’

‘n Maatskappy in Somerset-Wes ontwikkel ’n kompakte satelliet wat te koop aangebied sal word. Dr. Sias Mostert, uitvoerende hoof van Space Commercial Services Aerospace Group (SCSAG), het aan Die Burger gesê hulle het aanvanklik begin om maatskappye en lande met die aanwending van satelliete te help. “Dit is een ding om ’n satelliet te bou…

walvis

Bytplekke wys waarheen walvisse migreer

Navorsers het die bytplekke aan bultrugwalvisse gebruik om te bepaal waarheen hulle migreer. Wetenskaplikes van die Namibian Dolphin Project en die Universiteit van Pretoria se Soogdier-navorsingsinstituut het in Namibiese waters gesoek na dié diere. Hulle het vasgestel dat bultrugwalvisse net deur die Namibiese kuswaters “reis” om in Julie en Augustus naby Gaboen te kalf. Maar…

’n Navorser kyk na van die 48 diverse voëlspesies wat in die reuse- genetiese studie betrek is. Foto: AAAS/Carla Schaffer

Voëls se ‘oerknal’ in reusestudie bepaal

Die “oerknal van voël-evolusie” en die beste stamboom nóg van die diere wat oor miljoene jare strek, is pas bekend gemaak. Honderde navorsers van 20 lande het vier jaar lank gewerk om die genetiese verhaal van­voëls na te vors, wat in ’n spesiale uitgawe van die vaktydskrif Science gepubliseer is. Hulle het 48 spesies van…

broodboom3

Oplossing gesoek vir siekte wat broodbome laat vrek

‘n Plantpatogeen waarvan die spore selfs onder water kan “swem”, val broodbome in Suid-Afrika aan. Dr. Wilhelm de Beer van die Universiteit van Pretoria se Bosbou- en Landbou-biotegnologie-instituut (Fabi) het gesê dié patogeen (Phytophthora) is nie ’n swam nie, maar ’n oomiesiet of waterskimmel. Dit was tot onlangs nie op Suid-Afrika se broodbome nie, maar…

hoodia_gordonii

Hoodia Gordonii: Dieetmiddel nie so wonderlik, vind Stellenbosch navorser

Nuwe navorsing oor die uitwerking wat die verslankingsmiddel Hoodia op rotte gehad het, het skrikwekkende resultate opgelewer, skryf ELSABE BRITS Dit het nie net die diere se bloeddruk dramaties laat styg nie, maar ook die buik verhard en laat swel. Hulle het ook spiermassa verloor eerder as vet. Prof. Carine Smith, hoof van die multi-dissiplinêre…

Tandvleisontsteking by ma’s kan die oorsaak wees van tot 30% van babas wat te vroeg gebore word.  Foto: www.progressivedental-ellenlimdds.com

Plaak met vroeë geboortes verbind

Tandvleisontsteking by ma’s kan die oorsaak wees van tot 30% van babas wat te vroeg gebore word. Prof. Charlene Africa van die departement van mediese biowetenskappe aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) het ondersoek ingestel na die verband tussen tandvleis- en mondsiektes en hoe dit ’n vrou se kanse verhoog om op so vroeg as…