dwarf mongooses Sharpe

Wat ‘n muishondwyfie se handstand alles verklap

  Ek’s bly mense hoef nie soos dwergmuishonde maak nie. Hulle het mos die gewoonte om soos wafferse gimnaste ‘n handstand te maak, en dan hul boude teen ‘n tak of boomstam af te smeer.Dis nogal heel aardig om te sien hoe dwergmuishonde letterlik vir ‘n sekonde of twee so op hul hande staan, boude…

Capelatus prykei. Credit: David Bilton/Plymouth University

S’bosch insekman “pa” van nuwe Kaapse kewer

Daar’s nie te veel mense in die wêreld wat kan sê dat hul doktorale studies aanleiding gegee het tot die identifisering van ‘n nuwe soort spesie nie. Insekkundige dr James Pryke van die Universiteit Stellenbosch kán wel. Daarby dra die nuwe kewer ter sprake, Capelatus prykei, sy naam ook. Capelatus prykei is ‘n nuwe én…

photo2

Sutherland se nuwe ster

Sutherland in die Karoo het ‘n nuwe ster: uroloog prof. André van der Merwe, leier van die wêreld se heel eerste suksesvolle penisoorplantingsoperasie. Van die New York Times tot CNN en BBC het al oor dié wêreldeerste berig – een wat aan die ontvanger ‘n volle werkende geslagsorgaan besorg het. Dit beteken dat die man…

satelliet

Klein satelliet ‘billik én slimmer’

‘n Maatskappy in Somerset-Wes ontwikkel ’n kompakte satelliet wat te koop aangebied sal word. Dr. Sias Mostert, uitvoerende hoof van Space Commercial Services Aerospace Group (SCSAG), het aan Die Burger gesê hulle het aanvanklik begin om maatskappye en lande met die aanwending van satelliete te help. “Dit is een ding om ’n satelliet te bou…

Die voorblad van RU Kenney se boek oor AI Perold, vader van Suid-Afrika se Pinotage wyn.

Klink ‘n glasie Pinotage op Perold

Op die stories agter ontdekkings – en heel dikwels die toevalligheid waarmee dit gemaak word kan mens gerus meer gereeld ‘n glasie klink.Neem nou byvoorbeeld die verhaal agter Suid-Afrika se Pinotage wyn…  ‘n Jaar of wat gelede loer ek in by ‘n tweedehandse boekverkoping op Hermanus. En daar loop ek ‘n effe verweerde rooiwynkleurige boek…

Rosetta_-_comet_fly-by

Ingenieur van SA help tuig op komeet land

Wanneer die landingstuig Philae op 12 November op ’n komeet land, sal ’n stukkie Suid-Afrikaanse breinkrag ’n groot rol speel in sy sukses. Die Europese Ruimte-agentskap sal geskiedenis maak wanneer hy die eerste word om ’n tuig op ’n komeet – 67P/Churyumov-Gerasimenko – te laat land. Die tuig, Rosetta, wat reeds in ’n wentelbaan 10 km…

hoodia_gordonii

Hoodia Gordonii: Dieetmiddel nie so wonderlik, vind Stellenbosch navorser

Nuwe navorsing oor die uitwerking wat die verslankingsmiddel Hoodia op rotte gehad het, het skrikwekkende resultate opgelewer, skryf ELSABE BRITS Dit het nie net die diere se bloeddruk dramaties laat styg nie, maar ook die buik verhard en laat swel. Hulle het ook spiermassa verloor eerder as vet. Prof. Carine Smith, hoof van die multi-dissiplinêre…