Dinosourus-kenner prof Anusuya Chinsamy-Turan. Foto: Peter Rudden

“Kry die dino-tannie se handtekening, Ma

  As jy gelukkig genoeg is om ‘n ouer te hê wat ‘n dinosouruskenner is, sal jy absoluut geen idee hê hoe dit voel om die kind van ‘n eertydse Latyn-onderwyseres te wees nie. Want waar jy gewoond is om ‘n hele paar “wow’s” te kry wanneer mense vra wat jou ma-hulle dan doen, is…

Prof. Darlene Lubbe (middel), ’n oor-neus-en-keel-spesialis van die Groote Schuur-hospitaal en die Universiteit van Kaapstad, verwyder ’n gewas teen die brein endoskopies. Links staan prof. Patrick Semple, en regs is dr. Gavin Quail. Met dié operasie hoef die pasiënt se skedel nie oopgesny te word nie. Foto’s: Elsabé Brits.

Breinchirurgie sonder ‘n enkele snit

Die man op die operasietafel was al meer as tien keer onder die mes om ’n gewas te verwyder. Vandag sal sy skedel nie weer oopgesny word nie – ’n voorste geneesheer sal die gewas sonder ’n enkele snit deur sy neus uithaal. Elsabé Brits was daar. Dillon (47) het ’n gewas so groot soos…

’n Witborskraai met ’n voëltjie in die bek. Foto: Verskaf

Witborskraaie ‘dun prooispesies nie uit’

Witborskraaie is lief om ander klein voëltjies te vang, maar het dit ’n invloed op die bevolkings van inheemse voëls? Dr. Arjun Amar van die Universiteit van Kaapstad se Percy FitzPatrick-instituut vir Afrika-voëlkunde het gesê dié verskynsel is iets wat baie mense sien en wat ontstellend kan wees. “Die afleiding word dan gemaak dat witborskraaie…

'n Handbyl van by die miljoen jaar oud wat by Kathu in die Noord-Kaap gevind is. Foto: Steven Walker

Kathu ‘reuse-fabriek’ vir klipgereedskap

Miljoene stukke klipgereedskap wat deur generasies van die mens se voorsate in Kathu in die Noord-Kaap gemaak is, word opgegrawe. Die terrein is tussen 700 000 en ’n miljoen jaar oud en was ’n reuse-werkswinkel vir ons menslike voorsate. Dié navorsing is pas deur argeoloë van die Universiteit van Kaapstad (UK), Universiteit van Toronto en die…

RogerDean

Kaapse sterrekundige help gravitasiekolke vind

Sterrekundiges het drie supermassiewe gravitasiekolke binne-in een sterrestelsel 4 miljard ligjaar weg ontdek. Dit is uniek omdat daar gewoonlik net een gravitasiekolk in ’n sterrestelsel is. Dié observasie is gemaak onder leiding van dr. Roger Deane van die Universiteit van Kaapstad en SKA-postdoktorale beurshouer. Die werk het pas in die vaktydskrif Nature verskyn. Twee van die…

Dr Dirk Blom. Foto: Universiteit van Kaapstad

Kaapse navorser help nuwe anti-cholesterolmiddel ontwikkel

‘n Nuwe middel teen cholesterol wat maandeliks ingespuit word, werk heeltemal anders as die beskikbare statiene. Evolucumab, waarby die Universiteit van Kaapstad (UK) nou betrokke is, is in ’n gevorderde stadium van kliniese toetse. Dr. Dirk Blom van die UK en Groote Schuur se lipidologie-eenheid, is die hoofnavorser van ’n artikel wat onlangs oor dié middel…

Untitled

WNNR-stewel ‘beskerm teen landmyne’

’n Stewel wat mense teen dodelike landmynontplof­fings beskerm is deur kenners van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) ontwerp. Dit is so gevorderd dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag die patent gekoop het. Thanyani Pandelani was deel van die span wat drie jaar lank aan die ontwerp gewerk en drie prototipes gebou het. Die stewel waarop hulle besluit het,…