Health & Medical

Ebola in Wes-Kaap ‘is onvermydelik’

Dit is onvermydelik – in die lig van ramings oor die toename in nuwe infeksies – dat daar ook gevalle van die Ebola-virussiekte in Suid-Afrika en/of die Wes-Kaap sal kom.

Só het Theuns Botha, Wes-Kaapse minister van gesondheid, gister op ’n nuuskonferensie by die Tygerberg-hospitaal gesê. Die media is genooi om dié hospitaal, wat die aangewese hospitaal vir Ebola-gevalle sal wees, se buiten­gewone isolasiesaal, saal F3, met sy vier beddens te sien.

Dr. Jantjie Taljaard, spesialis in aansteeklike siektes, het gesê: “Ons doel is om dit te hanteer soos in Senegal, waar daar een geval was en géén sekondêre gevalle nie as gevolg van behoorlike infeksiebeheer.”

Senegal én Nigerië is nou vry van die siekte, het die Wêreld­gesondheidsorganisasie aangekondig.

Taljaard het gesê dit is moontlik om sekondêre infeksies hier te keer, want die gevaar van ’n uitbreking in die gemeenskap is nie groot nie. “In die ander lande het dit versprei weens ’n breuk in infeksiebeheer-maatreëls.”

Dr. Wayne Smith, hoof van rampgeneeskunde in die provinsie, het verduidelik dat ’n opgelei­de span van 26 paramedici die vervoer van enige gevalle sal hanteer, saam met ses dokters en tien vlieëniers.

“Ons hou die span klein, omdat dit spesifieke mense is wat op­gelei is.”

Intussen is 1 200 mense wat moontlik die eerste kontak met siek mense sal hê ook opgelei. Onder hulle is paramedici, poli­sie­beamptes, forensiese perso­neel, brandweer- en rampbeamptes.

“Ons het baie geleer toe Kongo-koors in die 1990’s hier uitgebreek het,” het Smith gesê.

Taljaard het verduidelik dat daar drie kriteria is waaraan iemand moet voldoen voordat opgetree word:

■ Die persoon moes in die afgelope 21 dae na die lande waar EVS uitgebreek het, gereis het;

■ In daardie lande kontak gehad het met iemand met EVS, of daar as ’n gesondheidswerker gewerk het; en

■ Die simptome van die siekte hê.

Eers dan word daardie persoon in gewone isolasie geplaas en normale bloedtoetse word gedoen….

Lees verder op Netwerk24 se webblad.

Related posts

Monday Menu: WCape students and their waterpipes

Engela Duvenage

[LISTEN] The Science Inside Genetics episode

AdminBraai

The doctor who saved 51 kidney patients

Elsabé Brits

Vaccines – lekker or quacker?

Anina Mumm

Dié siekes hét regte

AdminBraai

SCIENCE VOICES: The sleeping pill that wakes up damaged brains

AdminBraai