Health & Medical

Hoodia Gordonii: Dieetmiddel nie so wonderlik, vind Stellenbosch navorser

Prof. Carine Smith of Stellenbosch University. Photo: SU
Prof. Carine Smith of Stellenbosch University. Photo: SU

Nuwe navorsing oor die uitwerking wat die verslankingsmiddel Hoodia op rotte gehad het, het skrikwekkende resultate opgelewer, skryf ELSABE BRITS

Dit het nie net die diere se bloeddruk dramaties laat styg nie, maar ook die buik verhard en laat swel. Hulle het ook spiermassa verloor eerder as vet.

Prof. Carine Smith, hoof van die multi-dissiplinêre stresbiologie-navorsingsgroep in die departement fisiologie by die Universiteit Stellenbosch (US), het dié studie gedoen. Dit was die eerste dat die fisiologiese uitwerking van Hoodia gordonii op beide maer en oorgewig rotte getoets is. Die resultate van die studie is vandeesmaand in die vaktydskrif Journal of Ethnopharmacology gepubliseer.

In die eksperiment is twaalf maer rotte en twaalf oorgewig rotte twee weke lank aan verskillende dosisse Hoodia gordonii-ekstrakblootgestel. Die kontrolegroep het geen Hoodia ontvang nie.

Smith het gesê die uitwerking van die ekstrak op beide die maer én oorgewig rotte was “skrikwekkend”.

Die rotte het aansienlik gewig verloor, maar dit was nie vet nie. Die maer rotte het 35% van hul spiermassa verloor, en die oorgewig rotte tot 30% op die hoër dosis.

Hul buik het ook opgeswel weens verharde inhoud. Die verlies aan gewig was weens verhongering, soortgelyk aan anoreksie.

Die derde onrusbarende waarneming – wat by al die rotte voorgekom het – is ’n verdikking van die hartspier.

Dit beteken die hart moet harder as gewoonlik werk om bloed na die res van die liggaam te pomp en dit manifesteer as simptome, soos verhoogde bloeddruk en hartkloppings.

Lees die volledige artikel by www.dieburger.com

Related posts

Bone accountancy

Engela Duvenage

Money the big issue when it comes to surviving HIV/AIDS # Scibraai Monday Menu

Engela Duvenage

SCIENCE VOICES: The sleeping pill that wakes up damaged brains

AdminBraai

Genes don’t fit in the DNA diet

AdminBraai

Fracking in Karoo gets a R108m injection

Sarah Wild

On a Quest for great science stories

Paul Kennedy