Human & Social

Meer fossiele as ooit tevore gekry

Prof. Lee Berger.
Prof. Lee Berger.

Meer menslike fossiele is al in die nuwe Rising Star-grot gekry as wat paleontoloë sedert 1935 in die Wieg van die Mensdom versamel het.

Prof. Lee Berger van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se Instituut vir Evolusionêre Studies het aan Die Burger vertel dat 1 500 individuele fossiele al in dié grot digby Sterkfontein gevind is.

“Al die menslike voorsaat-fossiele in die versameling wat sedert 1935 in die Wieg van die Mensdom gevind is, is om en by 1 100.”

Die Rising Star-grot het binne 21 dae in November 1 200 fossiele opgelewer en die span is vanjaar terug om nog stukke te versamel. Dit het toe met 300 toegeneem.

“Ons het so baie uitgehaal dat Wits elke 48 uur ’n kluis moes aflewer om dit te bewaar. Ons het ’n klomp kluise volgepak,” het hy vertel. Dit is nou die rykste terrein vir vroeë hominiede in die wêreld.

Berger wil nog nie sê wat die spesie is en hoe hulle gesterf het nie, maar dit sal vasgestel word. “Daar is beendere van minstens 12 individue.”

Lus for more? Visit Die Burger for seconds.

Related posts

The next best thing to a time machine

Sarah Wild

Hear hear for the hearScreen app

Engela Duvenage

Mobile lab does cows a service

Sarah Wild

Dié siekes hét regte

AdminBraai

Join the Data Quest to tell science stories with SA data

AdminBraai

Help TinkerTainer raise funds for SA’s first kids’ robotics maker space

AdminBraai