Health & Medical

‘n Dekaan met ‘n plan

1314902_99313658
Source: http://www.sxc.hu/

“Ek glo nie dit is toepaslik om dokters in Kuba op te lei nie – ons kan dit hier beter doen. Ons behoort eerder die getal studente wat ons tans oplei te verhoog. Ons verskaf goeie en diverse opleiding plaaslik.” Só glo prof. Wim de Villiers, ‘n Stellenbosser wat ná 18 jaar in die buiteland aangestel is as dekaan van die oudste mediese skool in die land.

Prof. De Villiers, ’n kliniese gastro-enteroloog, het sy pos as hoof van spysverteringsiektes en voeding aan die departement geneeskunde aan die Universiteit van Kentucky in die VSA verruil om nou die nuwe dekaan van die fakulteit gesondheidswetenskappe aan die Universiteit van Kaapstad (UK) te wees. “Ek het altyd my oog op moontlikhede in Suid-Afrika gehou,” vertel hy met ‘n ligte Amerikaanse aksent.

Dié 1977-duxleerder van die Paul Roos Gimnasium was in 1983 ook die beste student in sy finale jaar as mediese student aan die Universiteit Stellenbosch. Daarna het hy grade aan die Universiteit van Oxford en die Harvard-universiteit behaal.

Hy glo nie almal wat in Kuba opgelei is “hoef dokters te wees” nie. “Hulle kan hier in die gesondheidsdiens geïntegreer word om die gesondheidswerksmag uit te brei.”

Aan die UK leer mediese studente ook Afrikaans en Xhosa sodat hulle met pasiënte kan kommunikeer. “Ons kurrikulum fokus op primêre gesondheid, gesinsgesondheid en openbare gesondheid. Die groot voordeel van die plaaslike gemeenskapsdiensjaar is dat ons ’n dokter lewer wat teen dié tyd kan doen wat gedoen moet word.”

Die UK lei die laaste paar jaar 220 mediese studente per jaar op en De Villiers hoop om dit teen 2018 tot 300 te vermeerder. “Maar daarvoor het ons ’n groter kliniese onderrig-platform nodig. ’n Moontlikheid is ’n mediese kampus by die George-hospitaal.” De Villiers dink aan ’n program waar ouer, nagraadse studente met toepaslike vakke in die fakulteit opgeneem word om ook medies te studeer, net soos in die VSA.

Vir hom is die belang van die pasiënt “die enigste belang”…

Lus for more of this story? Go get seconds at Die Burger‘s website.

Related posts

Testing for anti-HIV drugs – one indigenous plant at a time

Engela Duvenage

Researchers tackle the rugby tackle

Morgan Morris

Our daughter Maya is here and healthy because of veggies, dog walks and a cyborg technology that costs R50 a day

Anina Mumm

Fracking in Karoo gets a R108m injection

Sarah Wild

#ScibraaiSides: Ebola crisis a “serious test” of right to high standards of health

Engela Duvenage

#ScibraaiSides: Parents could be moulding their kids into coach potatoes – or not

Engela Duvenage