Biology & Evolution

Taung-kind se brein nie soos dié van vandag se babas

Taunh‘n Mikro-skandering van die Taung-kind het gewys dié hominied se brein het anders ontwikkel as dié van mense – hoewel hy regop geloop het.

Dié nuwe werk is in die Proceedings of the National Academy of Sciences deur dr. Kristian Carlson van die Instituut vir Menslike Evolusie aan die Universiteit van die Witwatersrand gepubliseer. Dit gee danksy tegnologie ’n ander blik op Australopi­thecus africanus.

Die mikro-CT-skanderings wys Taung, wat sowat drie jaar oud was toe hy gesterf het, het nie daardie sagte plekke op die kop (fontanelle) gehad waarmee babas gebore word nie. Hy het ook nie die kenmerkende naat wat vanaf die neusbrug oor die kop loop nie.

Dié metopiese naat word gevorm by die aansluiting van die twee frontale bene van die skedel en verdwyn op die ouderdom van vyf tot ses jaar. Dit maak ook veral die geboorteproses makliker.

Carlson het aan Die Burger verduidelik dat albei die kenmerke by moderne mense aanwesig is omdat dit toelaat dat die brein kan vergroot. “Ons het met die fyn skandering gesien dat Taung dit nie gehad het nie.”

Wat beteken dit? “Dat sy brein nie baie groter geword het nie, maar dat hy wel op twee bene geloop het. Die vermoë om op twee bene te loop, het dus in die spesie ontwikkel voordat die brein groter geword het.

“Dit beteken nie dat Taung ’n aap of dier was nie . . . Dit was net ’n baie vroeë stadium van ontwikkeling.

Lees verder in Die Burger.

Related posts

How to crowdsource an atlas for a snake, a tortoise and a lizard

Engela Duvenage

The next best thing to a time machine

Sarah Wild

Tukkie vind uit: Volstruise kan nie proe nie

Elsabé Brits

Matie links banana farming to poisoning of Costa Rica’s caiman

Engela Duvenage

Oplossing gesoek vir siekte wat broodbome laat vrek

Elsabé Brits