Oplossing gesoek vir siekte wat broodbome laat vrek

‘n Plantpatogeen waarvan die spore selfs onder water kan “swem”, val broodbome in Suid-Afrika aan. Dr. Wilhelm de Beer van die Universiteit van Pretoria se Bosbou- en Landbou-biotegnologie-instituut (Fabi) het gesê dié patogeen (Phytophthora) is nie ’n swam nie, maar ’n oomiesiet of waterskimmel. Dit was tot onlangs nie op Suid-Afrika se broodbome nie, maar…

Hoodia Gordonii: Dieetmiddel nie so wonderlik, vind Stellenbosch navorser

Nuwe navorsing oor die uitwerking wat die verslankingsmiddel Hoodia op rotte gehad het, het skrikwekkende resultate opgelewer, skryf ELSABE BRITS Dit het nie net die diere se bloeddruk dramaties laat styg nie, maar ook die buik verhard en laat swel. Hulle het ook spiermassa verloor eerder as vet. Prof. Carine Smith, hoof van die multi-dissiplinêre…

Plaak met vroeë geboortes verbind

Tandvleisontsteking by ma’s kan die oorsaak wees van tot 30% van babas wat te vroeg gebore word. Prof. Charlene Africa van die departement van mediese biowetenskappe aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) het ondersoek ingestel na die verband tussen tandvleis- en mondsiektes en hoe dit ’n vrou se kanse verhoog om op so vroeg as…

Dinosourusse brul in die Kaap

Met ’n geswaai van sterte, ’n onaardse gebrul en oë wat knip, word ’n mens deur die dinosourusse begroet. Werkers het gister die laaste plante en ligte rondgestoot om die Days of the Dinosaurs-uitstalling reg te kry vir die eerste besoekers vandag. Dié tentoonstelling word tot 20 Augustus deur Huisgenoot, YOU en DRUM in die…

Kathu ‘reuse-fabriek’ vir klipgereedskap

Miljoene stukke klipgereedskap wat deur generasies van die mens se voorsate in Kathu in die Noord-Kaap gemaak is, word opgegrawe. Die terrein is tussen 700 000 en ’n miljoen jaar oud en was ’n reuse-werkswinkel vir ons menslike voorsate. Dié navorsing is pas deur argeoloë van die Universiteit van Kaapstad (UK), Universiteit van Toronto en die…