Biology & Evolution Human & Social

Kathu ‘reuse-fabriek’ vir klipgereedskap

Handbyle van by die miljoen jaar oud wat by Kathu in die Noord-Kaap gevind is. Foto: Steven Walker
Handbyle van by die miljoen jaar oud wat by Kathu in die Noord-Kaap gevind is. Foto: Steven Walker

Miljoene stukke klipgereedskap wat deur generasies van die mens se voorsate in Kathu in die Noord-Kaap gemaak is, word opgegrawe.

Die terrein is tussen 700 000 en ’n miljoen jaar oud en was ’n reuse-werkswinkel vir ons menslike voorsate.

Dié navorsing is pas deur argeoloë van die Universiteit van Kaapstad (UK), Universiteit van Toronto en die McGregor-museum in Kimberley in die vaktydskrif PLoS One gepubliseer.

Steven Walker, ’n doktorale ar­geologiestudent aan die UK, het aan Die Burger gesê hulle het reeds tienduisende stukke gereedskap gekry, maar daar is nog miljoene en daar kan selfs miljarde wees.

Die hominiede het soontoe gegaan om gereedskap te vervaardig, en hulle het hul ander gereedskapstukke saamgeneem om daar klaar te maak. Dit wat hulle nie gebruik het nie, het hulle ook daar weggegooi.

Maar wat uitstaan, is dat dié terrein tussen 20 000 en 30 000 jaar lank aaneenlopend gebruik is.

Dié Kathu Townlands-terrein is een deel van ’n groep bekend as die Kathu-kompleks. Die nuwe terrein moet nou dringend bewaar word omdat die dorp vinnig uitberei. Owerhede is in die proses om die terrein bewaringstatus te gee.

Om Elsabe Brits se artikel hieroor verder te lees, besoek Die Burger.

Related posts

Kimberley to host 86MW solar power plant

AdminBraai

Insect conservationist sets his sights on happiness

Engela Duvenage

Local croc expert stars in new BBC wildlife series

Engela Duvenage

Everything’s coming up geraniums

Sarah Wild

TB or not to be

Engela Duvenage

Oor voedselwetenskaplikes, grondboontjiebotter en Chappies

Engela Duvenage