Ingenieur van SA help tuig op komeet land

Wanneer die landingstuig Philae op 12 November op ’n komeet land, sal ’n stukkie Suid-Afrikaanse breinkrag ’n groot rol speel in sy sukses. Die Europese Ruimte-agentskap sal geskiedenis maak wanneer hy die eerste word om ’n tuig op ’n komeet – 67P/Churyumov-Gerasimenko – te laat land. Die tuig, Rosetta, wat reeds in ’n wentelbaan 10 km…