S’bosch insekman “pa” van nuwe Kaapse kewer

Daar’s nie te veel mense in die wêreld wat kan sê dat hul doktorale studies aanleiding gegee het tot die identifisering van ‘n nuwe soort spesie nie. Insekkundige dr James Pryke van die Universiteit Stellenbosch kán wel. Daarby dra die nuwe kewer ter sprake, Capelatus prykei, sy naam ook. Capelatus prykei is ‘n nuwe én…

Sutherland se nuwe ster

Sutherland in die Karoo het ‘n nuwe ster: uroloog prof. André van der Merwe, leier van die wêreld se heel eerste suksesvolle penisoorplantingsoperasie. Van die New York Times tot CNN en BBC het al oor dié wêreldeerste berig – een wat aan die ontvanger ‘n volle werkende geslagsorgaan besorg het. Dit beteken dat die man…

Klink ‘n glasie Pinotage op Perold

Op die stories agter ontdekkings – en heel dikwels die toevalligheid waarmee dit gemaak word kan mens gerus meer gereeld ‘n glasie klink.Neem nou byvoorbeeld die verhaal agter Suid-Afrika se Pinotage wyn…  ‘n Jaar of wat gelede loer ek in by ‘n tweedehandse boekverkoping op Hermanus. En daar loop ek ‘n effe verweerde rooiwynkleurige boek…

Ingenieur van SA help tuig op komeet land

Wanneer die landingstuig Philae op 12 November op ’n komeet land, sal ’n stukkie Suid-Afrikaanse breinkrag ’n groot rol speel in sy sukses. Die Europese Ruimte-agentskap sal geskiedenis maak wanneer hy die eerste word om ’n tuig op ’n komeet – 67P/Churyumov-Gerasimenko – te laat land. Die tuig, Rosetta, wat reeds in ’n wentelbaan 10 km…

Garagiste-wynmakers se “pa”

Prof. Wessel du Toit van die Universiteit Stellenbosch se Departement Wingerd- en Wynkunde staan al sedert 2005 pa vir die Garagiste-wynmaak kortkursus wat twee keer ‘n jaar tot 50 aspirant-wynmakers-in-die-kleine van regoor Stellenbosch toe lok. Menige motorhuis is sedertdien al tot ‘n mini-wynkelder omskep. Die eienaars van die eerste wynreeks uit KwaZulu-Natal, Swede, Britte, Zimbabwiërs…