WNNR-stewel ‘beskerm teen landmyne’

’n Stewel wat mense teen dodelike landmynontplof­fings beskerm is deur kenners van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) ontwerp. Dit is so gevorderd dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag die patent gekoop het. Thanyani Pandelani was deel van die span wat drie jaar lank aan die ontwerp gewerk en drie prototipes gebou het. Die stewel waarop hulle besluit het,…