Skilder met ‘n kop vir sake

Mikrobioloog prof. Leon Dicks bedryf sy navorsing aan die hand van ‘n besigheidsplan. Want eendag wil hy voltyds skilder. Die probiotikum entiro™ wat in sy laboratorium in die Departement Mikrobiologie aan die Universiteit Stellenbosch ontwikkel is, het hom al regoor Suid-Afrika tot in Spanje geneem as deel van die farmaseutiese maatskappy Cipla Medpro se bemarkingsveldtog…