Die panplant: broccoli se nuwe Afrika-niggie

Vir ‘n kronkelende agterpad is Wessel Swanepoel baie lief, al weet hy goed daar’s gewoonlik ‘n veel korter roete wat tussen Punt A en Punt B gery kan word. “Ek probeer altyd alternatiewe roetes gebruik in plaas van die hoofpaaie wanneer tyd dit toelaat. Op dié wyse het ek al by die 95% van Namibië…