Klein satelliet ‘billik én slimmer’

‘n Maatskappy in Somerset-Wes ontwikkel ’n kompakte satelliet wat te koop aangebied sal word. Dr. Sias Mostert, uitvoerende hoof van Space Commercial Services Aerospace Group (SCSAG), het aan Die Burger gesê hulle het aanvanklik begin om maatskappye en lande met die aanwending van satelliete te help. “Dit is een ding om ’n satelliet te bou…