Space & Astronomy Technology & Computer Science

Klein satelliet ‘billik én slimmer’

satellietn Maatskappy in Somerset-Wes ontwikkel ’n kompakte satelliet wat te koop aangebied sal word.

Dr. Sias Mostert, uitvoerende hoof van Space Commercial Services Aerospace Group (SCSAG), het aan Die Burger gesê hulle het aanvanklik begin om maatskappye en lande met die aanwending van satelliete te help.

“Dit is een ding om ’n satelliet te bou en op te stuur, maar om hom te bedryf en die beste uit hom te kry, is ’n uitdaging. Hoe gebruik ’n mens ’n klein satelliet tot die beste van sy vermoë?

“Dit is waarmee ons kliënte help, maar aan die einde van 2009 het ons ook die ingenieurswese begin uitbrei om saam met vennote satelliete te ontwikkel,” het hy gesê. Die aanwending en beter toepassing van kleiner satelliete word gedoen deur hulle in ’n konstellasie “saam te laat werk”. Só word ’n satelliet se werksvermoë baie beter as in gevalle waar hy op sy eie sou “werk”.

Dié kliënte is meestal in Suid-Afrika en die res van Afrika gesetel, terwyl die ontwerp en bou van nuwe satelliete internasionaal plaasvind. Een só ’n projek is die Phoenix-satelliet, wat net 24 kg weeg, maar dieselfde werk kan doen as ’n satelliet van 250 kg. Dit is danksy beter tegnologie en die grootste voordeel hiervan is laer koste.

“Om ’n satelliet te ontwerp, te bou, te lanseer en die grondstasie in te rig, kos sowat R100 miljoen,” het Mostert gesê.

Die Phoenix het ’n kamera aan boord wat 100 in stede van net vyf of ses kleure kan afneem. Dié hiperspektrale kamera kan beelde opbreek om fyn besonderhede op aarde te sien.

Dit sal ook ’n gevorderde radarstelsel aan boord hê wat dag en nag, en wanneer daar wolkbedekking op aarde is, waarnemings van die aardoppervlak kan maak. Dit het voorts die vermoë om veranderings van so min as ’n paar millimeter met verloop van tyd op te spoor.

Lus vir meer? Lees die oorspronlike by Netwerk24.

Related posts

Star-gazers count their lucky stars

Morgan Morris

Hermanus, the eye of the sunstorm

Sarah Wild

Help TinkerTainer raise funds for SA’s first kids’ robotics maker space

AdminBraai

Chachane adds personal touch to first SA nano-satellite

Engela Duvenage

Die nierdokter wat 51 lewens gered het

Elsabé Brits

Gas sensing machine a breath of fresh air for Unizulu physicists

Sibusiso Biyela