Garagiste-wynmakers se “pa”

Prof. Wessel du Toit van die Universiteit Stellenbosch se Departement Wingerd- en Wynkunde staan al sedert 2005 pa vir die Garagiste-wynmaak kortkursus wat twee keer ‘n jaar tot 50 aspirant-wynmakers-in-die-kleine van regoor Stellenbosch toe lok. Menige motorhuis is sedertdien al tot ‘n mini-wynkelder omskep. Die eienaars van die eerste wynreeks uit KwaZulu-Natal, Swede, Britte, Zimbabwiërs…