Health & Medical Human & Social

Dié siekes hét regte

559d4975af9bb8b542000002’n Kwart van Suid-Afrika se arbeidsmag ly aan psigiatriese siektes, maar die meeste werknemers steek dit weg omdat hulle stigma vrees. Elsabé Brits vertel hoe dit positief in die werksplek gehanteer kan word.

Jou werkgewer moet sáám met jou werk indien jy aan ’n psigiatriese siekte ly en nie téén jou nie. Maar hoe dié proses begin word, is in jóú hande.

Die feit dat jy ’n siekte het, beteken nie jy kan summier jou werk verloor nie. Indien jy so kies, verklaar jou siekte ingevolge die Wet op Gelyke Indiensneming en maak gebruik van jou regte.

Die begin hiervan is om jou siekte te aanvaar en dit behoorlik te bestuur deur mediese behandeling by ’n psigiater én ’n kliniese sielkundige te ontvang. Die geheim is om áltyd daarby te bly. Net jy, nie iemand anders nie, kan na jou gesondheid omsien en dit ten beste bestuur met die hulp van mediese kenners. Jy kan ’n funksionele werker wees al is jy siek.

Dit is duur om aan ’n psigiatriese siekte te ly. Verlede jaar het die siekefonds Discovery 118 318 lede gehad wat aan depressie gely het. (Dit sluit ander algemene stoornisse soos angs- en paniekstoornis en bipolêre siekte uit.) Die uitbetalings vir dié mense se eise was R684 miljoen. En dit is net die syfers van een van die siekefondse in ’n land waar net 15% van die bevolking toegang tot private mediese sorg het.

Nog kommerwekkender, sê dr. Frans Korb, ’n psigiater van Johannesburg, is dat angs en depressie nie net algemeen in die land is nie, maar dikwels ongediagnoseer bly. Die meeste mense met die siekte word dus nie daarvoor behandel nie.

Peter Strasheim, ’n kenner van gesondheid- en gestremdheidsreg, verduidelik daar is geen regsverpligting om jou siekte tot ’n gestremdheid te verklaar ingevolge die Wet op Gelyke Indiensneming nie. Maar indien jy dit nie vertroulik doen nie, is die werk nie verplig om jou “redelik te akkommodeer” nie. Onthou, die regstegniese woord “gestremd” neem niks van jou vermoë as werknemer weg nie; dit fokus eerder op wat jy goed doen en nog altyd kon doen.

Wat jy nie hoef te doen nie

Op jou CV hoef jy nie te sê wát die siekte (gestremdheid) is nie, of besonderhede te verstrek van die diag­nose, die effek daarvan of jou medikasie nie. Jy mag nie op ’n werksaansoekvorm gevra word aan watter siektes jy ly nie. Los dit oop as dit op die vorm gevra word.

Indien jy in ’n onderhoud gevra word oor die aard van die gestremdheid, fokus eerder op die akkommodasie wat jy sal nodig hê in die werk en wat jy kan doen.

Wat beteken dit?

Gelyke indiensneming vir mense met gestremdhede en psigiatriese siektes kwalifiseer hiervoor. Dit beteken daar mag nie onregverdig teen jou gediskrimineer word nie. Die menslike-hulpbronne-afdeling mag dan net genoeg inligting op die geskikte tyd aan iemand gee, wat belangrike voordele en beskerming insluit – soos wanneer jy om ’n werk aansoek doen as gestremde; jy redelike akkommodasie wil hê vir sekere werksomstandighede; jy met die werk sukkel weens jou toestand; of wanneer jy vermoed jou direkte hoof wil jou ontslaan.

Lus vir meer? Lees die oorspronlik op Netwerk24.

Related posts

Fracking in Karoo gets a R108m injection

Sarah Wild

#SAscienceHero: Ashraf Coovadia, paediatrician

Anina Mumm

Baby, make those genes talk

Sarah Wild

Deworming not as beneficial as previously thought

AdminBraai

[LISTEN] The Science Inside Genetics episode

AdminBraai

#ScibraaiSides: Ebola crisis a “serious test” of right to high standards of health

Engela Duvenage