Space & Astronomy

Elon Musk, Nasa en ruimtereise

Die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk het reggekry waaroor die meeste lande net kan droom: Om in tien jaar ’n ruimtetuig van nuuts af te bou én ’n paar keer suksesvol te lanseer.

Read the original at: http://www.netwerk24.com/Nuus/Wetenskap/elon-musk-nasa-en-ruimtereise-20160606
Read the original at: http://www.netwerk24.com/Nuus/Wetenskap/elon-musk-nasa-en-ruimtereise-20160606

Elon Musk (44) se ruimtemaatskappy, SpaceX, is ook aangewys om Nasa se ruimtevaarders van die toekoms te vervoer. Moontlik na Mars in tegnologies gevorderde, herwinbare vuurpyle wat met beheerde enjins kompleet soos ’n helikopter op vier pote land. En, ’n nuwe kapsule wat nie soos die Sojoes hard met moederaarde kennis maak nie, maar wat ook ’n sagte landing maak.

Nadat die pendeltuig in 2011 “afgetree” het, is almal van Rusland afhanklik om met die verouderde Sojoes te vlieg. Musk glo hy kan dit goedkoper doen as die $70 miljoen per persoon wat die Russe vra om iemand in ’n wentelbaan om die aarde te plaas.

Dié Suid-Afrikaans gebore Kanadese Amerikaner is uitvoerende hoofbestuurder en hoof- tegniese adviseur van SpaceX, in Hawthorne, Kalifornië. In 1999 het hy PayPal, ’n veilige aanlyn betaalstelsel, begin deur sy sagtewaremaatskappy Zip2 te verkoop. Tesla Motors (elektriese motors), Solar City (sonkrag) en SpaceX behoort onder meer aan hom. Dit is dié maatskappy wat hy in 2002 begin het waarin Nasa teen 2010 nog nie ’n sent belê het nie – maar nou staan dié belegging op $3,14 miljard (sowat R56,52 miljard). Nasa het volgens ’n tegniese dokument nog net meer geld vir kommersiële ruimtereise in Boeing belê.

Lees verder op Netwerk24 se weblad.

Related posts

Oor sterre en planete, en die skep van geleenthede

Engela Duvenage

How to fix SA’s maths and science woes

The Science Inside

From the Cradle to the grave? #NalediFossils

Sarah Wild

The sounds of time

Anina Mumm

Ingenieur van SA help tuig op komeet land

Elsabé Brits

20 Things To Know About SA’s Research Infrastructure Roadmap

Sarah Wild