
Sewe nuwe waterkewers is binne enkele maande deur ’n Britse navorser in die Wes-Kaapse berge gevind, skryf Elsabe Brits in Die Burger.
Dr. David Bilton, ’n akwatiese bioloog van die Plymouth-universiteit, het aan Die Burger gesê: “Daar is iets besonders aan die Kaap omdat die flora so uitsonderlik divers is . . . en hoewel daar nie soveel diere is nie, is daar baie spesies wat nêrens anders voorkom nie.”
Die nuwe waterkewers leef op nat rotse teen berghange waar water permanent uit fonteintjies afloop.
Volgens Bilton is dié habitat voorheen deur baie mense geïgnoreer en daarom word so baie nuwe spesies nou gevind.
Een van die spesies wat hy in Mitchellspas, tussen Ceres en Tulbagh, ontdek het, het hy genoem na Andrew Bain wat die pas gebou het.
Daar is nóg drie ander spesies wat in die Cederberge voorkom, een in die Swartberge, een in die Langeberge en een wat van Franschhoek tot by die Cederberge voorkom.
Lees meer hieroor in Die Burger.