Biology & Evolution Human & Social

Mens braai al van toeka af lekker

Wanneer Suid-Afrikaners ’n tjoppie op die kole sit, doen hulle iets wat die moderne mens se voorsate al derduisende jare gelede die eerste keer gedoen het.

Waar presies kom braai vandaan? Dit is hier in Suid-Afrika, by Swartkrans in Gauteng en naby die fossielryke Sterkfontein, waar prof. Bob Brain, paleontoloog, die oudste bewyse van die beheerde gebruik van vuur ontdek het.

Die spesie Homo erectus, ’n voorsaat van die moderne mens, het tussen 1,5 miljoen jaar en 1 miljoen jaar gelede hier vuur beheer.

braai fossil
Dr. Roger Smith wys fossiele by die Iziko Suid-Afrikaanse Museum. Foto: Elsabé Brits

Dit is onseker of die vuur uit die natuur geneem of self gemaak is, maar daar is duidelike bewyse dat hulle dit in die grot gebruik het, volgens prof. Lee Berger, paleontoloog aan die Universiteit van die Witwatersrand, en Brett Hilton-Barber se Field Guide to the Cradle of Humankind.

Brain het by Swartkrans altesame 20 vuurpitte ontdek waarvan die oudste meer as een miljoen jaar oud is. Hy het onder meer gebrande bene in die grotte gevind wat soortgelyk is aan eksperimentele vure waarin bene gebrand is in vure waarvoor die witstinkhoutboom gebruik is. Dié bome kom algemeen in die area voor. Altesame 350 000 fossiele is in Swartkrans gekry, waarvan talle gebrand was.

Navorsers glo die mense hier was in staat om die vuur aan die gang te hou. Dit was waarskynlik eers veel later dat hulle geleer het om self vuur te maak.

Lus for more of this story? Go get seconds at the Die Burger‘s website.

Related posts

Investigations into Namibia’s “fairy circles” in the desert

Sarah Wild

Does Joe Public still trust science?

AdminBraai

Mobile lab does cows a service

Sarah Wild

Dr. Keneiloe “Bones” Molopyane: Unveiling Ancient Human Mysteries in South Africa

Sibusiso Biyela

Eight water data projects from last weekend’s SKAHack

AdminBraai

Govt develops new toilet technologies – but how much will they help?

Paul Kennedy