Health & Medical Human & Social

Breinchirurgie sonder ‘n enkele snit

Prof. Darlene Lubbe (middel), ’n oor-neus-en-keel-spesialis van die Groote Schuur-hospitaal en die Universiteit van Kaapstad, verwyder ’n gewas teen die brein endoskopies. Links staan prof. Patrick Semple, en regs is dr. Gavin Quail. Met dié operasie hoef die pasiënt se skedel nie oopgesny te word nie. Foto’s: Elsabé Brits.
Prof. Darlene Lubbe (middel), ’n oor-neus-en-keel-spesialis van die Groote Schuur-hospitaal en die Universiteit van Kaapstad, verwyder ’n gewas teen die brein endoskopies. Links staan prof. Patrick Semple, en regs is dr. Gavin Quail. Met dié operasie hoef die pasiënt se skedel nie oopgesny te word nie. Foto’s: Elsabé Brits.

Die man op die operasietafel was al meer as tien keer onder die mes om ’n gewas te verwyder. Vandag sal sy skedel nie weer oopgesny word nie – ’n voorste geneesheer sal die gewas sonder ’n enkele snit deur sy neus uithaal. Elsabé Brits was daar.

Dillon (47) het ’n gewas so groot soos ’n klein aartappel wat teen sy brein druk en sy lewe bedreig.

Hy lê in die hoofteater-kompleks in die Groote Schuur-hospitaal in Observatory, Kaapstad, waar al 17 tea­ters druk besig is.

’n Lang sny loop oor Dillon se gesig – die litteken van vorige operasies.

“Ek gaan maar aan,” sê dié kleinhandelaar van Guguletu. “Ek lewe nog. Dit het my lewe sedert 1990 begin verwoes.”

Met my besoek praat almal gelyk toe die susters, en selfs ’n vrou wat mediese toestelle verkoop, in die gange hoor dat ek hier is om prof. Dar­lene Lubbe, ’n oor-neus-en-keel-spesialis, te sien opereer: “Sy doen dinge waarvoor ander dokters nie kans sien nie,” sê een. “Sy haal gewasse uit wat ánder nie kán uitkry nie,” sê ’n ander een.

Lubbe (43), wat in die Groote Schuur-hospitaal en aan die Universiteit van Kaapstad werk, verwyder gewasse endoskopies. “Ek werk deur die neusholtes. Of, as dit moet, maak ek ’n baie klein snytjie langs die oogkas.” Sy wys na die area tussen haar oog en neus.

Mense moet weet daar is ander keuses: Dis nie altyd nodig om ’n sny tussen jou oë deur te kry wat soms langs jou neus afloop tot by jou kaak nie. Ook nie om ’n enorme stuk van die skedelbeen te verwyder (kraniotomie) nie. Sy en ’n neurochirurg kan gewasse in die sinus, neus, basis van die skedel, pituïtêre klier en selfs in ander dele van die brein endoskopies verwyder.

Dillon se gewas (hemangiopericytoma) is nie kwaadaardig nie, maar sal sy dood veroorsaak “indien ons dit sou los”.

Prof. Allan Taylor, neurochirurg, het ’n week voor die tyd die bloedtoevoer na die gewas soveel moontlik afgesny (embolisasie). ’n Kateter is by Dillon se lies al langs ’n slagaar tot by die gewas in die brein ingevoer.

’n Kontrasmiddel is ingespuit sodat Taylor die bloedtoevoer op X-strale, wat op rekenaar vertoon word, kon sien.

“Ons sit dan kateters van verskillende groottes binne-in die gewas om die bloedtoevloei af te sny. En wanneer die are te klein word, spuit ons klein, steriele plastiek-deeltjies, wat soos poeier lyk, in.” Dit sluit die bloedtoevoer nog verder af.

Lus vir meer? Lees die oorspronlike by Netwerk24.

Related posts

Our daughter Maya is here and healthy because of veggies, dog walks and a cyborg technology that costs R50 a day

Anina Mumm

IBM research lab to work with the cool kids

Sarah Wild

SCIENCE VOICES: Finding ways to prevent cricket injuries

AdminBraai

HIV-related kidney disease: genetics may play bigger role than access to healthcare

Anina Mumm

#SAscienceHero Lesley Scott wins innovation prize

AdminBraai

Plate reflects purse in South Africa

AdminBraai