Space & Astronomy

Kaapse sterrekundige help gravitasiekolke vind

RogerDeanSterrekundiges het drie supermassiewe gravitasiekolke binne-in een sterrestelsel 4 miljard ligjaar weg ontdek.

Dit is uniek omdat daar gewoonlik net een gravitasiekolk in ’n sterrestelsel is.

Dié observasie is gemaak onder leiding van dr. Roger Deane van die Universiteit van Kaapstad en SKA-postdoktorale beurshouer. Die werk het pas in die vaktydskrif Nature verskyn.

Twee van die drie gravitasiekolke is ontdek met ’n tegniek genaamd Baie Lang Basislyn-interferometrie (VLBI). Dít kombineer die seine van groot radio-antennas wat tot 10 000 km van mekaar af is om een beeld te vorm.

Sulke beelde is 50 keer fyner as wat moontlik is met die Hubble-ruimte-teleskoop. In die toekoms sal die MeerKAT – die voorloper-teleskoopkompleks tot die Square Kilometer Array (SKA) – en dié teleskoop self ook daarvoor ingespan kan word. Dit is net ’n fraks van wat uiteindelik met die SKA moontlik is.

eane het gesê sulke gravitasiekolke draai om mekaar teen 300 keer die spoed van klank (op aarde). Sulke gravitasiekolke het ’n invloed op hoe sterrestelsels ontwikkel.

Deane sê ’n gravitasiekolk het so ’n hoë digtheid dat selfs lig nie uit sy swaartekrag kan ontsnap nie. ’n Gravitasiekolk wat supermassief is, is so swaar dat dit tussen 1 miljard en 10 miljard keer die massa van die son is.

Dr. Bernie Fanaroff, direkteur van SKA Suid-Afrika, het gesê die universiteite van Wes-Kaapland en Rhodes, asook ander wetenskaplikes van die SKA was ook betrokke by die werk. “Dit wys Suid-Afrika het die tegniese en wetenskaplike vaardighede om ’n wêreldleier in radio-astronomie te wees, en dat ons kan bydra tot eksperimente wat fundamentele insigte kan bring nie net in astronomie nie, maar ook fisika.”

Om meer te lees oor hoe die VLBI werk, besoek Die Burger.

Related posts

An off-world adventure: inside SA’s space agency

AdminBraai

Mandla Maseko, Suid-Afrika se volgende mens in die ruimte

Elsabé Brits

Shisa Sayensi: Isayensi yeviki 07 July 2016

Sibusiso Biyela

How neurosurgeons can look at your brain through your eyes

AdminBraai

Big discoveries and sharper pictures for growing MeerKAT telescope

Sibusiso Biyela

Talking science communication in Cape Town

AdminBraai