Health & Medical

Plaak met vroeë geboortes verbind

Prof. Charlene Africa
Prof. Charlene Africa

Tandvleisontsteking by ma’s kan die oorsaak wees van tot 30% van babas wat te vroeg gebore word.

Prof. Charlene Africa van die departement van mediese biowetenskappe aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) het ondersoek ingestel na die verband tussen tandvleis- en mondsiektes en hoe dit ’n vrou se kanse verhoog om op so vroeg as 26 weke die lewe te skenk. Tot 32 weke is as te vroeg gereken.

Sy het gesê ander faktore, soos as die ma ’n tiener is of ouer as 40, rook of as haar voeding swak is, kan ook daartoebydra. Vorige navorsing het getoon tussen 50% en 70% van swanger vroue in Afrika het te veel plaak.

Africa se fokus is om te kyk of drie bakterieë periodontale siektes veroorsaak en een spesifieke, aggressiewe een vroeë geboortes veroorsaak.

Net soos die bakterieë wat tandvleisinfeksie veroorsaak en die hart kan aantas, beland dié ook in die bloedstroom en eindig in die uterus. Daar veroorsaak dit die vervaardiging van hormoonagtige lipiede wat ’n rol speel in geboorte. Dit hits die begin van kontraksies aan deur die uterus se gladde spiere te laat saamtrek. Die bakteriële infeksie laat juis die bepaalde lipiede (prostaglandins) verhoog, en dít maak die serviks sag ter voorbereiding van die geboorte.

Africa het navorsing onder 400 vroue gedoen wat in Mowbray, Guguletu, Khayelitsha en Mitchells Plain gekraam het. Monsters van hul plaak in die mond is geneem en vergelyk asook die geboorterekords.

Lees meer hieroor in Die Burger.

Related posts

Deworming not as beneficial as previously thought

AdminBraai

Hoodia Gordonii: Dieetmiddel nie so wonderlik, vind Stellenbosch navorser

Elsabé Brits

#ScibraaiSides: Ebola crisis a “serious test” of right to high standards of health

Engela Duvenage

A new biosensor for the early detection of HIV

Anina Mumm

Researchers tackle the rugby tackle

Morgan Morris

Testing for anti-HIV drugs – one indigenous plant at a time

Engela Duvenage