Biology & Evolution

Ses vroue help fossiele soek in unieke Rising Star-grot

Prof. Lee Berger en die lede van die Rising Star-ekspedisie: Foto: Universiteit van die Witwatersrand
Prof. Lee Berger en die lede van die Rising Star-ekspedisie: Foto: Universiteit van die Witwatersrand

‘n Unieke, diep grot met fossiele van hominiede is in Suid-Afrika ontdek, maar die grotopening is so klein dat die land se voorste paleontoloog skeppend moes dink om die beendere uit te kry.

Prof. Lee Berger, paleontoloog aan die Universiteit van die Witwatersrand, het besluit om “klein geboude”, maar hoogs gespesialiseerde mense te soek wat gereeld in grotte werk nadat ’n splinternuwe grot in die Wieg van die Mensdom ontdek is.

En ná ’n soektog op sosiale media waarin hy gevra het vir “kleingeboude grotkruipers met paleontologiese, antropologiese of opgrawingskwalifikasies” is 57 mense gevind. Uiteindelik is ses hoogs gekwalifiseerde vroue gekies vir die taak om opgrawings in die nuut gevonde grot te doen.

Die ontdekking is in September gemaak deur Pedro Boshoff, ’n speleo-geoloog wat op versoek van Berger terreine in dié wêreld-erfenisgebied moes bekyk. Die grot is intussen Rising Star Cave gedoop nadat Boshoff en twee vriende op bene afgekom het. Dit is 30 m onder die grond, maar die opening is baie klein en moeilik om binne te gaan. “Die opening is net sowat 18 cm wyd. Dit is baie gevaarlik – daar is nog nie iets soos dié in Afrika gedoen nie,” het Berger gesê.

“Ek pas nie in die grot nie, soos julle kan sien, en ek moes mense kry wat opgelei is, maar ook klein genoeg is om by die grot te kan ingaan.”

Lees verder oor die uitgrawings, wat op 6 November begin het, in Die Burger of volg #risingstarexpedition op Twitter. Gereelde video’s word ook op YouTube gelaai, of kan op www.nationalgeographic.com gesien word. Lees ook die daaglikse blog-artikels oor wat by die grot gebeur by http://newswatch.nationalgeographic.com/tag/rising-star-expedition/

Related posts

Homo Naledi goes virtual

AdminBraai

Kalahari’s social spiders know how to share the workload

Engela Duvenage

Suid-Afrika se spoegkonings

Engela Duvenage

Biologists blunt the sting of a tree-killing alien wasp

Sarah Wild

Matie links banana farming to poisoning of Costa Rica’s caiman

Engela Duvenage

Die panplant: broccoli se nuwe Afrika-niggie

Engela Duvenage