Health & Medical

Arts herstel kinders se sig

Photo: Flickr.com
Photo: Flickr.com

’n Kaapse dokter slaag nie net daarin om die lewe te red van kinders wat dodelike tuberkulose-meningitis het nie, hy herstel ook hul sig of help hulle om weer te loop as hulle verlam geraak het.

Dr. Ronald van Toorn, ’n spesialis in pediatriese neurologie aan die Universiteit Stellenbosch en Tygerberg-hospitaal, vertel daar is soveel as twee gevalle per week saam by dié hospitaal en die Rooi Kruis-kinderhospitaal. “Soms kry ons tot ses per week, veral in die winter, wanneer TB-meningitis toeneem – veral in kinders onder vyf ’n Kaapse dokter red nie net lewens van kinders wat dodelike tuberkulose-meningitis het nie, hy herstel ook hul sig of help verlamdes om weer te loojaar.”

Dié ernstige vorm van tuberkulose onder kinders kom voor wanneer TB-bakterieë die membrane en vloeistof rondom die brein en rugmurg binnedring.

Van Toorn het vir ’n doktorsgraad oor ’n tydperk van vier jaar met 184 kinders gewerk wat TB-meningitis gehad het om te bepaal of die behandeling by Tygerberg veilig en doeltreffend is. Hy het gevind dat 80% van die kinders ’n goeie uitkoms gehad het en die sterftesyfer slegs 3,8% was ná behandeling. Dit is die laagste sterftesyfer ter wêreld.

Lees verder: Netwerk24

Related posts

Oh rats! What can we learn about our health from cooldrink studies?

Engela Duvenage

Min soet oor SA se soutbeleid

Engela Duvenage

Researchers tackle the rugby tackle

Morgan Morris

TB: Discovering new methods to test and treat a very old disease  

AdminBraai

#ScibraaiSides: Herpes virus linked to why breastfeeding mothers on ARVs still sometimes transmit HIV to their babes

Engela Duvenage

‘n Dekaan met ‘n plan

Elsabé Brits