Space & Astronomy

Bloodhound se ‘supersoniese kantoor’ onthul

Driver Andy Green in the Bloodhound SSC's cockpit. Photo: Stefan Marjoram
Driver Andy Green in the Bloodhound SSC’s cockpit. Photo: Stefan Marjoram

Tienduisend ure se geduld en vakmanskap – dis wat nodig was om die kajuit van die Bloodhound supersoniese motor te bou wat hopelik volgende jaar op Hakskeenpan in die Noord-Kaap ‘n wêreldspoedrekord sal opstel.

Die kajuit is met die hand gebou – en dit het 10 000 uur geduur.

Dit is boonop tot in die fynste besonderhede ontwerp vir die bestuurder, Andy Green.

Indien alles goed verloop, kom die Bloodhound-span aanstaande jaar die motor met sy straalenjin (Eurojet) op Hakskeenpan – naby Mier in die Noord-Kaap – toets, en hopelik in 2016 die myl (1,6 km) in 3,6 sekondes aflê.

Die motor word in Bristol in Brittanje gebou. Die kajuit, wat 200 kg weeg, is aan die onderstel vas. Green beskryf die kajuit as sy “supersoniese kantoor”.

Die voorruit is 25 mm dik en van akriel. Wat Green reg voor hom tussen al die knoppies en kontroles sal sien, is die snelheidsmeter wat die spoed in myl per uur aandui – en elke merkie wat 100 m/h aandui.

Nog meters dui die spoed van klank in mach aan, sowel as wat met die straalenjin en die vuurpyl aan’t gebeur is.

Om meer te lees oor die ontwerp van die kajuit en die voertuig self, lees Elsabe Brits se volledige artikel in Die Burger

Related posts

Karoo in rep en roer met bou van MeerKAT-skottelantennas

Elsabé Brits

John Simaika’s fascination with dragonflies

Engela Duvenage

Pee, poo & pollen say climate change is real

Anina Mumm

2017 SCIENCE BUDGET GOES UP, BUT THE MONEY BUYS LESS

Sarah Wild

It starts with oneself – you need to love what you are doing

Sibusiso Biyela

[LISTEN] The Science Inside’s Wine segment

AdminBraai