Die gevolge van drankmisbruik in Suid-Afrika kos die land tot R37,9 miljard per jaar.
Dít terwyl byna 10% van die mense in die land hulself gereeld aan drank vergryp (vyf of meer drankies op een slag). Altesaam 17,5% van mans is hieraan skuldig en 2,9% van vroue.
In navorsing wat in die South African Medical Journal gepubliseer is, word bereken dat die regstreekse en onregstreekse koste van drankmisbruik op die ekonomie tussen 10% en 12% van die bruto binnelandse produk is.
Die geld wat drank vir die regering inbring, is nie naastenby genoeg om die gevolge daarvan te hanteer nie.
Dit sluit mediese probleme, verlies aan lewensjare, ongelukke, motorbotsings, afwesigheid by die werk, misdaad, sosiale en maatskaplike probleme, werkloosheid en ongeskiktheidstoelae in…Lees verder in Die Burger.