Elsabe Brits van Die Burger het onlangs berig oor ‘n nuwe toestel wat babasterftes kan verminder. Lees hieronder meer oor die WNNR en die MNR se UmbiFlow.
‘n Toestel wat die bloedvloei in die naelstring van ongebore babas toets, het die potensiaal om die aantal babas wat dood gebore word, te verminder.
Navorsing wat op die UmbiFlow-toestel gedoen is, kan groot voordele inhou. Dit is ontwerp deur die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (MNR) en die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR).
UmbiFlow, wat byna soos ’n sonar werk, toets die bloedtoevoer na die baba en die gesondheid van die plasenta. Daar is bevind een uit elke tien vroue wat tussen sewe en agt maande swanger is, het wel abnormale UmbiFlow-lesings.
Lees meer hier daaroor.