Olifante weet toe klaar van rondwys

Die olifante het egter spontaan die navorsers gevolg wanneer hulle na ’n voorwerp of in ’n rigting gewys het, sonder dat hulle dit geleer is.

Die olifante het egter spontaan die navorsers gevolg wanneer hulle na ’n voorwerp of in ’n rigting gewys het, sonder dat hulle dit geleer is.

Die werk van ’n span navorsers wat gereed was om olifante iets te leer was klaar gedaan, want dié diere kon dit reeds self doen.

Wanneer mense die aandag van ander wil trek, wys hulle na iets – gedrag wat van jongs af gebruik word. En dit is presies wat dr. Richard Byrne van die Universiteit van St. Andrews in Brittanje aan ’n klompie olifante by ’n sentrum naby die Victoria-waterval wou gaan leer.

Hy en ’n kollega, dr. Anna Smet, het verduidelik dat mense op uitstappies op dié olifante kan ry. Hoewel die olifante verbale opdragte van hul opsigters verstaan, is daar nooit aan hulle geleer om te kyk, of te reageer, wanneer iemand na iets wys nie.

Die olifante het egter spontaan die navorsers gevolg wanneer hulle na ’n voorwerp of in ’n rigting gewys het, sonder dat hulle dit geleer is. “Ons kon geen teken vind dat hulle dit aangeleer het nie,” het Byrne in ’n verklaring gesê.

Dit is moontlik dat olifante ook met hul slurpe vir mekaar dinge uitwys wanneer hulle kommunikeer. “Om na iets te wys om sodoende te kommunikeer, is nie uniek aan mense nie,” het die navorsers in die vaktydskrif Current Biology geskryf.

Die oorspronklike artikel is eers op Netwerk24 gepubliseer.

Elsabé Brits

Elsabé Brits is a freelance science and health journalist. She has won several journalism awards during her career which started in 1993. Previously she worked for 21 years for Media24 at Die Burger and Netwerk24.com. She lives in Cape Town. She has written two nonfiction books: One about bipolar disorder (Kyk my in die oë, Tafelberg, 2011) and another about the life of feminist and pacifist Emily Hobhouse (Emily Hobhouse Geliefde Verraaier & Emily Hobhouse Beloved Traitor, 2016, Tafelberg). The latter won three book prizes. Twitter @elsabebrits Email: sciencebrits at mweb.co.za

More Posts

Follow Me:
Twitter