Biology & Evolution

Oplossing gesoek vir siekte wat broodbome laat vrek

Broodbome‘n Plantpatogeen waarvan die spore selfs onder water kan “swem”, val broodbome in Suid-Afrika aan.

Dr. Wilhelm de Beer van die Universiteit van Pretoria se Bosbou- en Landbou-biotegnologie-instituut (Fabi) het gesê dié patogeen (Phytophthora) is nie ’n swam nie, maar ’n oomiesiet of waterskimmel. Dit was tot onlangs nie op Suid-Afrika se broodbome nie, maar is nou ook hier opgemerk en daar is nog geen oplossing gevind om dit te bestry nie.

Rofhiwa Nesamari, ’n meestersgraadstudent by Fabi, bestudeer nou spesifiek dié plantpatogeen se uitwerking op broodbome om ’n oplossing te probeer kry. “Daar is nog baie min oor die siekte op broodbome in Suid-Afrika gedoen,” het sy gesê.

Daar is altesaam 29 inheemse broodbome, maar 36 groei hier.

“Ons sien op die paar plekke waar hulle nog natuurlik voorkom dat dié wilde plante vrek. Omdat dit droër raak weens klimaatsverandering, plaas dit die plante onder stres en dan is hulle meer vatbaar vir dié patogeen,” het Nesamari gesê. Dit is ook al aangetref op geteelde broodbome, soos dié wat mense versamel.

Lus vir nog? Lees Elsabe Brits se volledige artikel in Die Burger.

Related posts

Downward spiral of Africa’s dying vultures

Sarah Wild

Die panplant: broccoli se nuwe Afrika-niggie

Engela Duvenage

Scarab the dung beetle

Anina Mumm

Kalahari’s social spiders know how to share the workload

Engela Duvenage

Kathu ‘reuse-fabriek’ vir klipgereedskap

Elsabé Brits

A bridge builder of note – even into the past

Engela Duvenage