Space & Astronomy

SA se nanosatelliet vaar goed

ESTCube_orbiidil_2TshepisoSAT, die land se eerste nanosatelliet, het al ’n jaar in die ruimte oorleef.

Dié satelliet, wat net 1,2 kg weeg, is in November verlede jaar in Yasny, Rusland, gelanseer en is in ’n wentelbaan 600 km bo die aarde.

Dit is gebou deur studente en dosente van die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (KSUT) se Frans-Suid-Afrikaanse Instituut vir Tegnologie (F’sati), en word ook daarvandaan beheer.

Prof. Robert van Zyl, direkteur van die satellietprogram by KSUT, het gesê die satelliet het al 250 miljoen km afgelê van ’n reis van 6 miljard km.

Net die helfte van nanosatelliete, ook bekend as CubeSats, oorleef die eerste jaar in die ruimte. TshepisoSAT het ’n hele paar erge sonstorms oorleef, en twee Russiese satelliete wat nie meer funksioneel is nie het baie naby aan hom verbygekom.

Lees verder op Netwerk24.com.

Related posts

Bernie Fanaroff brought SA the world’s largest telescope

Engela Duvenage

Plans for Africa-led mission to the moon

Sarah Wild

Mandla Maseko, Suid-Afrika se volgende mens in die ruimte

Elsabé Brits

How to fix SA’s maths and science woes

The Science Inside

Die nierdokter wat 51 lewens gered het

Elsabé Brits

Ingenieur van SA help tuig op komeet land

Elsabé Brits