
Suid-Afrika se eerste Wêrelderfenisgebied, die iSimangaliso-vleilandpark in KwaZulu-Natal, het twee nuwe motspesies opgelewer.
Die twee motte, Stenoglene perissinottoi en Stenoglene clucki, behoort albei aan dieselfde familie wat algemeen as “aapmotte” bekend staan omdat hulle nogal harig is.
Dr. Thierry Bouyer, ’n Belgiese entomoloog, het hulle beskryf nadat prof. Renzo Perossinotto van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit en personeellede van die park hulle opgespoor het. Die motte is onderskeidelik in die Futululu- en Valsbaai-gebiede van die park gekry.
Suid-Afrika het egter nie die kundigheid gehad om die nuwe spesies te beskryf nie omdat daar nie genoeg taksonomiekenners in die land oor is nie. Nog sewe moontlike nuwe spesies word tans ondersoek, het die departement van omgewingsake in ’n verklaring gesê.
Lees die oorspronklike storie by Die Burger.