Biology & Evolution

Geen kenners in SA om nuwe motspesies te beskryf

Stenoglene perissinottoi, een van die twee nuwe motspesies wat duer 'n Belgiese entomoloog beskryf is.
Stenoglene perissinottoi, een van die twee nuwe motspesies wat duer ‘n Belgiese entomoloog beskryf is.

Suid-Afrika se eerste Wêrelderfenisgebied, die iSimangaliso-vleilandpark in KwaZulu-Natal, het twee nuwe motspesies opgelewer.

Die twee motte, Stenoglene perissinottoi en Stenoglene clucki, behoort albei aan dieselfde familie wat algemeen as “aapmotte” bekend staan omdat hulle nogal harig is.

Dr. Thierry Bouyer, ’n Belgiese entomoloog, het hulle beskryf nadat prof. Renzo Perossinotto van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit en personeellede van die park hulle opgespoor het. Die motte is onderskeidelik in die Futululu- en Valsbaai-gebiede van die park gekry.

Suid-Afrika het egter nie die kundigheid gehad om die nuwe spesies te beskryf nie omdat daar nie genoeg taksonomiekenners in die land oor is nie. Nog sewe moontlike nuwe spesies word tans ondersoek, het die departement van omgewingsake in ’n verklaring gesê.

Lees die oorspronklike storie by Die Burger.

Related posts

Homo Naledi goes virtual

AdminBraai

Winged changyuraptor adds feather to SA scientist’s cap

Sarah Wild

Sydney Brenner: A Nobel Prize winner’s life dedicated to science

Engela Duvenage

Species without boundaries: a new way to map our origins

AdminBraai

Skilder met ‘n kop vir sake

Engela Duvenage

Age-old secret that Hollywood celebrities try to keep from you has been uncovered … by palaeontologists

AdminBraai