CARNARVON. – Min mense kan sê hulle is ’n teleskoop-operateur.
Kabelo Montshiwa (29), wat in Soweto grootgeword het en nou in die Moederstad woon, kan egter met trots sê hy is een van die MeerKAT-teleskoopoperateurs.
En al staan daar tans nog net vier van dié reuse-radioskottelantennas op die Square Kilometre Array-terrein, 85 km van Carnarvon, sal daar oor twee jaar 64 wees.
Hy en sewe ander operateurs is ook saam met verskeie tegnici verantwoordelik vir die prototipe KAT7-skottelantennas op die terrein.
Terwyl die tegnici en die span wat verantwoordelik is vir die instandhouding van die optiese veselkabels heeltyds op die terrein bly, is die operateurs net elke ses weke ’n week lank hier… Lees verder op Netwerk24.