Biology & Evolution

Bytplekke wys waarheen walvisse migreer

walvisNavorsers het die bytplekke aan bultrugwalvisse gebruik om te bepaal waarheen hulle migreer.

Wetenskaplikes van die Namibian Dolphin Project en die Universiteit van Pretoria se Soogdier-navorsingsinstituut het in Namibiese waters gesoek na dié diere. Hulle het vasgestel dat bultrugwalvisse net deur die Namibiese kuswaters “reis” om in Julie en Augustus naby Gaboen te kalf.

Maar hoe weet ’n mens waarheen beweeg dié soogdiere?

Dr. Tess Gridley het verduidelik dat dié walvisse erg deur moordvisse gebyt word.

“Indien die walvisse baie vars bytplekke van dié haaie het, wys dit hulle was onlangs in warmer waters.

“En in Namibië is die warmer water verder van die kus,” het Girdley gesê.

“Indien die bytplekke al gesond is, was hulle nie onlangs in warmer water nie en dan het hulle stadig deur die koue Benguelastroom naby aan die kus gekom.”

 

Related posts

TB or not to be

Engela Duvenage

Stop bugging the bugs

AdminBraai

Scarab the dung beetle

Anina Mumm

Die panplant: broccoli se nuwe Afrika-niggie

Engela Duvenage

Big picture stuff for paleobiologist: the history of life on Earth in 96 pages

Morgan Morris

#ScibraaiSides: New cousin of the Barberton daisy found in KZN

Engela Duvenage